GLIPPENDE HERINNERINGE

Kunstenaar vertel gelykenis van emosionele afstand tussen mense.

Liza Grobler*

 

Pierre Fouché het in Junie vanjaar sy debuut gemaak met Excluded & Unsaid, ‘n tentoonstelling in die gallery blankprojects waar die skeppingsproses en kleurkodering agter The Distance Between us iii, ‘n petit-point tapisserie, uitgestal is. Fouché het hierin die ratwerk getoon agter die  puntenerige skeppingsproses van een van sy werke.

The Distance Between Us is ook die title vir Fouché se solo-tentoonstelling. Hy maak hier gebruik van ‘n paar persoonlike foto’s as vertrekpunt en verwerk dit dan to ‘n reeks werke in gemengde media. Hy implementer ‘n komplekse metodiek om die kleure te laat saambou tot ‘n beeld: Honderde legkaartstukke, duisende dobbelstene, tienduisend borduursteke sweer saam om ‘n gelydenis aan die foto’s te rekonstrueer.

Die uitstalling het die teenwoordigheid van ‘n droom of ‘n herinnering wat dreig om weg te glip en wat daarom tot elke prys verwig moet word deur  ‘n byna obsessiewe rekonstrukdie daarvan. Die gebleikte kleure dra by tot die gevoel dat die beelde huiwer op die rand van die bewussyn. The Distance Between Us verwys na fisieke afstand, sosiale kategorisering end ie emosionele afstand tussen generasies.

Die werke is voorstellings van manlike figure wat op die oog af nooit kontak maak nie – altyd langs mekaar, dog geskei. Die herhaling van die frase “The distance between us” versterk hierdie verwydering. Die prosesse wat die werke tot stand gebring het, is interessant en word weerspieël deur die gekategoriseerde borduurgare, beplanningstekening op skaal en kleurkaarte (ook geraam). Miskien is die omraamde vewysings na die ontstaan van die werk té illustratief – asof die kunstenaar die kyker wil oortuig dat die proses agter die werk “moeiliker” is as wat die gladde afwerking wil voorgee.

Die rame is visueel swaar, moontlik benoudend, maar sluit tog konseptueel ook aan by die rigiede voorskrifte waaraan die kodesisteme binne ons samelewing ons onderwerp. Fouche se reaksie is om dit te beantwoord met selfs meer gekompliseerde en streng persoonlike “bokkies”.
Die drie groot werke The Distance Between Us I- iii hang van die dak, sodat die agterkant van die werke sigbaar is en die kostruksiemetode onthul. Dit versterk ook die drie-dimensionele teenwoordigheid van die werke. Die legkaartwerk (The Distance Between us i) gooi skadu’s teen die muur en skep sodoende ‘n driedimensionele teenwoordighid. Die rooi dobbelsteenwerk met dieselfde title sou ‘n mens graag vier keer groter, broos en sonder raam wou sien, maar die liriese kwaliteit van hierdie beeld, opgebou uit die ses kolletjies van die dobbelsteen, betower wel. Die dobbelstene sou ook kon verwys na “los gelukkies”, “meevallertjies” en die rol van die noodlot in ons bestaan.
Die voltooide tapisserie, The Distance Between us iii, is gebasseer op ‘n foto van Fouché se pa en ‘n vriend uit die sewentigerjare. Die werk skep asem in die lug waar die borduurwerk dekonstrueer om die gaas te laat deurwys. Dan is daar natuurlik verskeie kleiner werkies soos The outline of my lover wat ‘n intieme pepierkonstruksie is met daarnaas Hello! Soldier, ‘n klein portretstudie van Fouche se pa as ‘n jong man. Die kunstenaar plaas hierdie twee mans naasmekaar om fyn kommentaar te lewer op sy verhouding met albei figure. Fouché is ‘n gedetermineerde kunstenaar met ‘n fyn oog vir besonderhede, en die werke op die uitstalling is visueel fassinerend.

 

*   Verwysing vir hierdie artikel: Grobler, L. 2006. 'glippende herinneringe'. Die Burger. 23 November